Nasionale Vrouemonument

Die obelisk van die Nasionale Vrouemonument
Binne die Nasionale Vrouemonument

Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is 'n monument ter herinnering aan die tragedie van ontbering wat vroue en kinders getref het tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Ongeveer 27 000 Boere vroue en -kinders het tydens die oorlog in Britse konsentrasiekampe gesterf.

Die ontwerp van die monument is gedoen deur Frans Soff en die beeldhouwerk deur Anton van Wouw. Emily Hobhouse het die sentrale beeldegroep geskets. Hierdie beeldegroep verleen uiting aan die persoonlike belewenis van Emily Hobhouse op 15 Mei 1901, verbonde aan 'n toneel van gebroke vroue en 'n sterwende kind in Springfontein se konsentrasiekamp.

Die beeld is onthul op 16 Desember 1913, tydens 'n geleentheid waar sowat 20 000 mense vanoor die hele Suid-Afrika saamgetrek het om die verrigtinge te volg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search